Johan van Wyk praat met ons

September 10, 2013

Waterkloof High school star, Johan van Wyk is a tight head prop on a mission to certain super stardom.

What are your long and short-term goals?

Kort termyn: – Om matriek goed deur te kom, ‘n verdere korttermyn doelwit vir die volgende twee jaar is om vir die Junior Boks te speel.

Lang termyn: – Om binne‘n paar jaar bo uit te kom en “groot” rugby te speel. Dit was nog altyd my droom dat as iemand my gevra het, toe ek jonger was, wat ek wil doen eendag, my antwoord was dat ek wil rugby speel – ek hoop ek kan dit waar maak. Ek is bereid om te wag en hard te werk, dit hoef nie dadelik te gebeur nie. Super 15 rugby en baie graag ook vir die Springbokke.

 

Who is your rugby hero?

Ek sal sê Pierre Spies, ek het baie van sy DVD gehou toe hy dit uit gebring het, dit het my baie geïnspireer. So ja, ek kyk baie op na hom deur wat hy bereik het deur sy omstandighede.

 

What do you think about the new scrum laws?

Die nuwe skrum reëls was ‘n groot aanpassing. Die “hit” word heeltemal weggevat. Ek het dit as my sterkpunt gesien, en dit is belangrik dat die skeidsregters die reëls reg interpreteer.

 

Who will win the Castle Championship?

Ons hoop is op die Bokke, maar dit gaan ‘n strawwe stryd wees tussen die Bokke en die Kiwi’s.

 

What do you want to do after rugby?

Ek wil baie graag my doktorsgraad in sielkunde kry en so ander mense help met probleme, ek sal graag wil fokus op kinders.

 

What are your thoughts on the Lions and Kings and Super Rugby?

Ek sal sê dit was baie onregverdig gewees om die Leeus net uit die Super 15 te haal, maar ook weer goed vir die Kings dat hulle ook nou gevoel het hoe dit is om Super rugby te speel. Dit is goed dat daar regverdige uitspeel wedstryde was.

 

What is your best rugby moment?

My beste rugby oomblik was in 2012 toe ek Hoërskool Waterkloof in my eerste jaar in die skool kon verteenwoordig in die 1ste span teen

Affies. Ons het die wedstryd gewen met 23 – 16 en na die wedstryd het al die old boys op die veld gehardloop, en alhoewel hulle my nie geken het nie het hulle steeds die oorwinning saam met my gevier!

 

Have you got any sayings you live by?

Ja ek het en dit sê “your opinion of me does not define who I am!!”

 

Who is your favourite non South African rugby team?

Leicester Tigers – Aviva Premiership.

johan van wyk, rugby, waterkloof high school,tight head prop

 

View More In This Category

UNION Sports Magazine is proudly brought to you by Union Sports Group

All content copyright UNION Sports Mag 2016

Design & Development by
ANDDWEB